News

Twee dood, verskeie beseer in talle ongelukke oor naweek

Twee persone is dood en verskeie ander mense ernstig beseer in ongelukke wat gedurende die naweek plaasgevind het.

Die Traffic Alert WhatsApp-groep was sedert Vrydag deurentyd bedrywig om motoriste te waarsku oor ernstige ongelukke in en om Middelburg, asook ander paaie in die omgewing.

Vrydag

Omstreeks 21:30 was daar ‘n ongeluk in Lilian Ngoyistraat en ‘n uur later is weer hulp verleen in ‘n ongeluk in Cowen Ntulistraat.

Saterdag

Omstreeks 09:00 het een persoon gesterf en is 10 mense beseer in ‘n ongeluk op die N4 tussen die Alzu Petroport en die Carolina afrit. ‘n Minibus het gerol en het vier ambulanse hulp verleen op die toneel.

Sowat 15 minute later het nog ‘n voertuig nie ver daarvandaan nie, by Wonderfontein gerol.

Om 17:55 is laat weet dat ‘n voertuig die pad verlaat het op die Groblersdal/Middelburgpad (sowat 10km buite Groblersdal). Daar was gelukkig nie ernstige beserings nie.

Om 19:03 was daar ‘n ongeluk met twee voertuie op die hoek van Cowen Ntuli- en Samora Machelstraat.

‘n Uur later is een persoon dood en drie mense ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen twee voertuie op die Bethalpad (R35).

Omstreeks middernag was daar weer ‘n ongeluk op die N4 waar ‘n voertuig gerol het. Twee mense, ‘n man en ‘n vrou, was in die kar en het die man ernstige beserings opgedoen.

Die ongeluk op die N4 waar ‘n voertuig gerol en die man ernstig beseer is.

Sondag

In die vroeë oggendure vandag, om 03:28 is hulp verleen by ‘n ongeluk tussen ‘n trok en ‘n voertuig in Meyerstraat, tussen die Brug- en Beyers Naude afdraaie. Die bestuurder van die Mercedes AMG kan homself gelukkig ag dat hy nie ernstige beserings opgedoen het nie.

Daar was gelukkig geen ernstige beserings tydens die ongeluk tussen ‘n trok en ‘n kar in Meyerstraat nie.

Daar is om 08:20 vir dringende hulp op die Traffic Alert-groep gevra na ‘n motorfietsongeluk op die hoek van Cowen Ntuli- en Wesstraat. ‘n Voertuig en ‘n motorfiets het gebots. Daar word verneem dat die motorfietsryer ernstige kopbeserings opgedoen het.

Die ongelukstoneel waar ‘n motorfietsryer ernstig beseer is.

Etlike ure later (11:15) was daar weer ‘n ongeluk, dié keer op die hoek van Walter Sisulu en Beyers Naudestraat en om 16:10 het twee voertuie mekaar getref in John Magagulastraat, naby die Kogelstraatsirkel.

Noodspanne help nou weer

Louwtjie Swart het pas laat weet dat daar op die N11, net na Doornkop, weer ‘n ongeluk was waar ‘n voertuig ‘n trok van agter getref het. Twee insittendes van die voertuig is per ambulans hospitaal toe geneem. Die pad is oop vir verkeer.

Die ongeluk op die N11 naby Doornkop,

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

FacebookInstagram, TikTokX (Formerly Twitter), and YouTube.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button