News

Soektog na vermiste vrou kring uit

Vriend rasend van bekommernis na vrou verdwyn

Mnr. Jannie Theunisen is baie bekommerd oor sy vriendin Tersia Nel wat omstreeks 08:00 vanmore laas gesien is.

Nel is laas by die OK in Jeppestraat gesien.

‘n Karwag het haar by die bottelstoor sien loop, maar kort daarna het sy spoorloos verdwyn.

Theunissen het al oral na haar gesoek en haar ook as vermis by die polisie aangegee.

Haar foon is al heel dag af en net haar stempos kan bereik word.

Al haar klere en besittings is steeds by Theunissen se huis.

Sy is vanogged by Theunissen se huis weg met net haar bankkaart.

Die inligting oor haar verdwyning is reeds op verskeie plaaslike veiligheidsgroepe gedeel.

Nel ken glo blykbaar ook nie die dorp nie.

Sy het ‘n blou hemp aan.

Theunissen vra dat inwoners met inligting oor waar Nel haar bevind, hom asseblief moet skakel by 072 987 4805.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button