News

Spanne speel aksiekrieket vir Renicke

Ons gemeenskap gee om vir die tweejarige Renicke Coetzer!

Die Middelburg gemeenskap se omgeeharte is Saterdag net wéér bewys toe 12 spanne deelgeneem het aan aksiekrieket by die Binnenshuise Krieketarena ten bate van klein Renicke.

Haar ouers, Nick en Dijané, het haar vir ’n rukkie soontoe geneem, waar die spelers die gesin ontmoet en daar ook ’n beertjie vir Renicke geskenk is.

Chantelle Johnstone meld dat hulle Renicke se verhaal gevolg het van die begin af. “Ek het in my hart gevoel ek wil iets doen om te kan help. Ons dogtertjie is dieselfde ouderdom en ek dink dis hoekom Renicke ons so na aan die hart lê. Hulle verjaar presies ’n week uitmekaar uit.”

Sy het ’n legkaart kombersie ontwerp om vir hulle fondse in te samel.

Terwyl sy daarmee besig was, het George Watson (wie se seuntjie self met ’n rare siekte gediagnoseer is en ook gereeld fondsinsamelings hou) haar geskakel en voorgestel dat hulle ’n krieketdag hou by die Indoor Sports sentrum.

“Ons het saam met hulle gewerk met al die reëlings om die dag ’n sukses te kan maak. Ons span se naam was ‘Team Renicke’.
Renicke se ouma, Roleen van der Merwe, het self ook in die ‘Nicke’-span aksiekrieket gespeel ten bate van haar kleindogter.

                                                             Renicke se ouma, Roleen van den Merwe, het ook deelgeneem aan die dag, ter ondersteuning van die projek.

 

Chantelle sê sonder die hulp van die gemeenskap en die borge, sou hulle dit beslis nie kon doen nie. “Ons wil elkeen van harte bedank.”
Sy stel dit duidelik dat dit nie die laaste fondsinsameling gaan wees van hulle kant af nie.
“Ons doen dit nie om in die spotlight te wees nie, ons doen dit slegs om daai klein lyfie en haar gesin te kan help.”

• Renicke het in medikasie gestik en is op 1 Junie vanjaar per helikopter oorgeplaas na die Garden City Hospitaal, waar sy ’n maand in die intensiewe eenheid deurgebring het en daarna ook in ’n rehabilitasie-eenheid was.
Hulle is nou maar net ’n paar dae terug by die huis.

Lees ook: Video: Renicke is tuis na vier maande behandeling

Renicke se mediese uitgawes is astronomies hoog en as persone bydraes wil lewer, kan hulle ingaan op die BackaBuddy skakel:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/renicke-coetzer

• Die spanne wat vir Renicke gespeel het, het die gesin sterkte toewens en ’n beertjie aan hulle oorhandig. Dijané het hulle bedank vir die mooi gebaar.

 

@middelburgobserver

Middelburgers wat omgee vir klein Renicke Coetzer en haar familie, het Saterdag saam gaan aksiekrieket speel om te help fondse insamel vir haar mediese uitgawes. Renicke het vroeër vanjaar in medikasie gestik en is per helikopter oorgeplaas na die Garden City Hospitaal, waar sy ’n maand in die intensiewe eenheid deurgebring het en daarna ook in ’n rehabilitasie-eenheid was. Die spelers het ook ’n omgee-beertjie aan Renicke oorhandig

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button