3 maande na seun verongeluk word pa van motorfiets afgery
In ’n kwessie van drie maande het die van der Merwe gesin ’n dubbele tragedie moes konfronteer.
Marina van der Merwe vra nou die gemeenskap om hulle harte oop te maak, nadat haar 57-jarige man Desmond, drie maande en twee dae nadat hulle seun verongeluk het, van sy motorfiets afgery is.
Hulle jong seun, ook Desmond maar deur almal geken as Manie, is op 26 Julie dood nadat hy op die hoek van Keiskamma- en Hexrivierstraat deur ’n bakkie getref was op pad huis toe na ’n skof.
Manie se dood was vir Marina en Desmond beide ’n emosionele, en finansiële verlies, omdat hy die hoof broodwinner van die huis was.
Hulle moes sedertdien die huis opgee, en het nie ’n mediesefonds nie.

Desmond was Maandag 12:45 op pad na sy middagskof, toe hy in die kruising van Zuid-en Verdoornstraat van sy motorfiets afgery is.
Volgens Marina was Desmond van HTS Middelburg se kant af onderweg, en het hy en ’n trok gelyktydig, aankomend na mekaar, by die vierrigting gestop.
Toe die twee wegtrek, is Desmond van die kant af getref en voor die trok ingeslinger.
“Gelukkig het die trok kon stop en nie bo oor hom gery nie.”
Desmond is by Life Midmed hospitaal opgeneem vir ’n gebreekte heup, en moes ’n heupvervanging ondergaan.

“Ons moes R90 000 leen, en daar is tans nog R30 000 uitstaande op die hospitaal rekening. Dit sluit nie bloedtoetse en fisioterapie in nie. Hy word gelukkig Vrydag ontslaan,” sê Marina.
’n Familielid het Marina en Desmond gehelp om ’n BackABuddy profiel te stig en diegene wat enige finansiële bydrae kan maak, moet op die volgende skakel kliek:
https://www.backabuddy.co.za/campaign/hip-replacement-desmond-vd-merwe
https://twitter.com/MiddelburgNews/status/1852231864339063186
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/30/desmond-word-donderdag-ter-ruste-gele/
