News

Dorp ween oor dood van geliefde boetebessie Toetie

Middelburg is in rou na die afsterwe van die bekende voormalige boetebessie Toetie Kruger, wat gister na ’n lang siekbed in die Wilgers Hospitaal in Pretoria oorlede is.

Catherine Elizabeth Kruger, alom bekend as ‘Ouma Toetie’, was nooit te haastig vir ’n lekker geselsie met inwoners nie.
Oud en jonk het aan haar lippe gehang.

Weens haar innemende geaardheid, het haar base by die verkeersdepartement waar sy jarelank gewerk het, besluit dat sy ideaal sal wees om dagvaardigings op inwoners te beteken.

Almal het maar die dagvaardigings met ’n glimlag aanvaar, omdat niemand ooit kwaad kon word vir Toetie nie.

Sy het egter die afgelope 15 weke geweldig gesukkel met haar gesondheid.

Sy is in die hospitaal opgeneem vir intensiewe ondersoeke weens longprobleme wat sy ondervind het.

Daar is besluit om ’n operasie te doen vir spesialiste om te bepaal wat presies met haar longe fout is.

Na die operasie was sy sporadies aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel omdat haar asemhaling al meer gestriem geraak het.

Sy is gister omstreeks 10:55 oorlede met haar geliefdes aan haar sy.

Daar sal volgende week meer oor die merkwaardige vrou in die Middelburg Observer vertel word met die familie wat huldeblyke aan die geliefde ma en ouma sal bring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button