News

KYK: Boodskappies van liefde vir Lilie

Ons is lief vir jou Lielie!

Daar is sopas danksegging by Laerskool Kanonkop gebring vir Lilie Fouché se tuiskoms, na meer as 30 dae in die hospitaal.

Soos haar ma Marna tydens die danksegging getuig het, kyk almal nou net vorentoe.

Lilie se pa Morné is op 19 September oorlede in ‘n botsing.

Lilie was saam hom in die kar.

Kort na die ongeluk het honderde byeengekom om vir Lilie se herstel te bid.

@middelburgobserver

‘n Boom van Lewe en briefies vir Lilie

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Vandag het sy self die skoolsaal ingeloop, waar skoolhoof Riaan Kruger haar terug verwelkom het met die weergalming van ‘n ramshoring.

Daar is later na die hoek van Oribi en Lilian Ngoyistraat beweeg waar Lilie die banier wat vir haar opgesit is, en vra vir gebede, self verwyder het.

In die skoolsaal het almal hartroerende boodskappies op ‘n spesiale portret met die boom van die lewe daarop, vir Lilie geskryf.

Meer in volgende week se uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Check Also
Close
Back to top button