Die deure van Laerskool Kanonkop se skoolsaal is vir haar oopgeswaai en die welkommat vir haar uitgerol.
Meer as 100 mense het haar ingewag na haar tuiskoms uit die hospitaal waar sy meer as 30-dae lank opgeneem was, na ’n ongeluk wat die lewe van haar pa Morné op 19 September geëis het.
Daar is gesing en gebid en danksegging gebring vir die klein vegtertjie.
Die danksegging is gebring by die skool waar Lilie se Ma Marna self jare gelede skoolgegaan het, en in 1992 as onderhoofdogter aangewys is.
Skoolhoof Riaan Kruger het Lielie met oop arms terug verwelkom en gesê dat Lilie se vangnet onder personeel en maats, diep en wyd is.
Marna het tydens hartroerende getuienis gesê dat hulle as gesin nou net vorentoe kyk.
Die motorfietsenjins het ook gebrul vir Lilie Sondag, en daar is weer ’n “doughnut” vir Lilie agtergelaat om die dankseggingsgeleentheid in die straat voor die skool te merk.
Bywoners het ook boodskappies vir Lilie op ’n boom van die lewe banier geskryf, wat sy op haar tyd by die huis kan lees.
Dokters het Lilie slegs ’n 15% kans op oorlewing na die botsing gegee.
“Sy’s terug by die huis en ons getuig van God se almag en genade,” het Marna gesê.
@middelburgobserver Honderde bymekaar in danksegging vir Lielie. Dogtertjie uiteindelik tuis na ongeluk wat pa se lewe eis.
