News

Video: Trok tref kar in kruising

Op videomateriaal kan ’n mens sien hoe ’n trok ’n voertuig tref en vir etlike meters ver sleep.

Twee insittendes van ’n voertuig, asook ’n voetganger, kan hulself gelukkig ag dat hulle ’n ongeluk oorleef het waar ’n trok ’n voertuig getref en vir sowat 100m ver gesleep het.

Die Slagboomkruising, waar die R573 en N11 net buite Marble Hall met mekaar kruis, is bekend as die “kruising van die dood” en het al talle lewens geëis.

As ’n mens na die videomateriaal kyk van die ongeluk, kan ’n mens byna nie glo dat enigiemand lewendig uit die voertuig geklim het nie.

Omstreeks 19:30 het ’n swart Mazda, met twee insittendes, met ’n vragmotor gebots.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die swart Mazda van die R573 se kant af voor die trok beland.

Die twee insittendes van die swart Mazda het in die voertuig vasgesit en is deur noodpersoneel uitgehelp.

Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie, maar het aan skok gelei.

Daar was ook ’n voetganger, wat langs die pad was, in die ongeluk beseer.

Die beseerdes is deur Infinity Privaat Ambulansdienste vervoer na Groblersdal Hospitaal vir geringe beserings.

• Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, is byna ál die oorsake van ongelukke by die Slagboomkruising, weens motoriste wat die stopteken op die R573, waar dit kruis met die N11, verontagsaam.

“Dis ’n groot probleem. Daar is geen waarskuwingstekens nie en die omgewing is pikdonker,” sê Derrick.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button