News

Legendariese Cedric Welman oorlede

Cedric Welman het diep spore in Middelburg getrap.

Die welbekende oom Cedric Welman (85) is vroeër vandag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Sy dogter, Andor, het vanoggend op ’n WhatsApp-groep almal laat weet dat dit nie goed gaan met hom nie en per ambulans vanaf die SAVF Tehuis, waar hy tans woonagtig was, hospitaal toe geneem is. Nie lank daarna nie, om 12:30, het sy dié boodskap gestuur: ‘Pappa is weg.’

Hein Koch en Johan de Klerk het vertel van oom Cedric se kleurryke lewe.

Met sy aankoms in Middelburg in die middel 70’s het hy die Onderwys Hulpsentrum bestuur. “Onderwysers kon take daar gaan doen. Dit was voor die tyd van Google,” noem Hein.

Cedric was een van die beginlede van die Loskopmarathon en was self ’n formidabele atleet, wat tien in ’n ry Comrades marathonne voltooi het.

Hy was ses keer voorsitter van Middelburg Marathonklub en was ook ’n erelid by die klub. Verder was hy voorsitter van die destydse Oos-Transvaal (nou Mpumalanga) Landloop en het self provinsiale kleure in landloop behaal.

Johan meld dat hy Cedric by die Marathon Marathonklub leer ken het en ook saam met hom begin stap het. “Ons was stap en draf maatjies.”

Die natuur het hom na aan die hart gelê en was hy die stigterslid en lank ook die voorsitter van die Cycad Voetslaanklub.

Hy was verder ereveldwagter by die Krugerwildtuin, asook ’n veldwagter by Kranspoortdorp.

Cedric en sy vrou, Babs, het op ’n stadium by Kranspoortdorp gewoon, waar hy op die bestuurskomitee gedien het. Babs is in 2022 oorlede.

Johan onthou dat Cedric ook lid was van die Natalse Bergklimklub.

“Cedric was mal oor die Drakensberge en ons baie daar gaan stap.”

Johan onthou hom as ’n aangename persoon “wat baie diep spore in ons gemeenskap getrap het.”

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button