News

Gedenkdiens vir mnr. Hoppie word Dinsdag gehou

Hoër Tegniese Skool Middelburg sal Dinsdag afskeid neem van hulle geliefde skoolhoof.

Volgens ‘n skrywe aan ouers, sal mnr. Hoppie van Jaarsveldt se gedenkdiens op 12 November om 11:00 in die skool ouditorium plaasvind.

Die skool het verder kennis gegee dat alle eksamens wat vir die dag geskeduleer is, steeds geskryf sal word.

Mnr. Van Jaarsveldt was sedert 24 Oktober in die Unitas Hospitaal, waar hy opgeneem is om ‘n gewas in sy sinusholte te verwyder. Weens komplikasies het sy toestand versleg en het hy vir ‘n week in die intensiewesorgeenheid om sy lewe geveg.

Hy is Maandagoggend oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button