Middelburg Marathonklub atleet, Des Jelliman, het Saterdag ’n goue medalje gewen by die Kaapsehoop 21.1km wedloop.
Des het in die 70-75 ouderdomsgroep gewen met ’n tyd van 1.47.05. Hy eindig algeheel 123ste.
• ’n Week vantevore het hy in dieselfde ouderdomsgroep gewen tydens die Run 4 Life wedloop vir kankerbewusmaking, wat aangebied is deur die Rooies Atletiekklub en Life Midmed Hospitaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
