News
Hengelaars vang presies dieselfde karp
’n Spieëlkarp met spesifieke skubbe is sewe maande uitmekaar deur hengelaars in die Middelburgdam gevang.
Casper Labuschagné vertel hy was verstom toe hy foto’s sien van ’n karp wat Wikus Prinsloo Sondag in die vroeë oggendure by die Middelburgdam gevang het.

“As jy kyk na die skubbe naby die stertvin van die karp, is dit presies dieselfde een wat ek in April by die Middelburgdam gevang het,” sê Labuschagné.
• ’n Spieëlkarp, of ook leerkarp genoem, het nie vol skubbe nie en is uitkenbaar, omdat hul skubbe verskil.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
