News

Bekende sakeman sterf

Een van Middelburg se bekende sakemanne het Sondag die stryd teen kanker verloor en word Donderdag begrawe.

Die 71-jarige Pieter O’Neill was welbekend as die eienaar van Amazon’s Restaurant en het verskeie ander sakeondernemings in die dorp bedryf.

Sy seun, Pieter jnr, het laat weet dat die begrafnis Donderdag om 15:00 by die Lewende Woord Maingemeente in Pretoria is.

• Mnr. O’Neill is Sondag in die Steve Biko Hospitaal oorlede waar hy vir ’n maand behandeling ontvang het vir longkanker.

’n Huldeblyk sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button