News

Hoogs gerespekteerde advokaat oorlede

Die bekende advokaat Hein Brauckmann is vandag in die vroeë oggendure oorlede.

Middelburg is ‘n armer plek na die heengaan van die hoogs gerespekteerde regspraktisyn, Hein Brauckmann, net na 01:00 vanoggend.
Mnr. Brauckmann is by sy huis oorlede.

Hartversaking blyk die oorsaak van sy dood te wees, sê sy goeie vriend en mede-regspraktisyn, Derick van Wyk.

Van Wyk is vanmore na Brauckmann se huis ontbied deur Brauckmann se vrou, Lizette. Met sy aankoms is dr. Theuns Botha ontbied, maar niks kon verder vir hom gedoen word nie.

Brauckmann het sy loopbaan as prokureur in Middelburg begin, waarna hy hom bekwaam het as advokaat.

Van Wyk het hom beskryf “as een van die slimste mense wat ek bevoorreg was om te ken.” Dit was juis sy optrede, en suksesse in die howe, wat die aandag van justisie ringkoppe getrek het.

Brauckmann het ‘n geruime ruk lank as waarnemende regter in die plaaslike hooggeregshof opgetree.
Hy het egter later besluit om sy loopbaan as advokaat voort te sit.

  • Daar kan meer van dié merkwaardige man gelees word in hierdie week se Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button