News

Jaarlikse liggierit ten bate van House of Miracles

’n Nuwe beginpunt, nuwe roete en geleentheid vir fietsryers om vir die dorp se weggooi babatjies ’n vroeë kersgeskenk te gee.

Die gewilde jaarlikse liggierit waaraan tot 200 fietsryers deelneem, begin op 22 November, om 19:00, by die Hervormde Noord Kerk in Vygiestraat.

Fietsryers draai dadelik regs in Eikestraat, links in Springbok en dan loop die roete links in Renoster-, regs in Sipres-, tot in Harry Gwalastraat en na Verkenner in Dennesig. Die einde is weer by die kerk.

Die liggierit het verlede jaar by die Midwater Sentrum begin en verby die Care Village gegaan waar daar geskenke gelaat is.

Die kleurryke gebeurtenis het so groot geword dat die roete vir die fietsryers se veiligheid verander is.

Dit is ’n feestelike geleentheid met inwoners wat voor hulle huise op die sypaadjie kuier om die liggietrein te sien verbygaan.

Fietsryers verfraai nie net hulle fietse met liggies nie, maar maak ook hulle harte oop vir liefdadigheid. Hierdie jaar is House of Miracles die begunstigdes.

Dié veilige hawe het al verskeie van die dorp se weggooi babatjies ’n nuwe kans in die lewe gegee deur vir hulle ’n veilige tuiste te bied.

Hulle het veral ’n behoefte aan: doeke, babaprodukte, Novalac AR digest vir die kleinste babatjie, skoonmaakprodukte, Wetwipes en enige kruideniersware.

Die skenkings sal net voor die wegspring aan House of Miracles oorhandig word. Dit kan nou reeds ingehandig word by Basson@Beyers Fietswinkel of die aand saamgeneem word na die beginpunt.

@middelburgobserver

House of Miracles asks for the community to participate in the yearly light ride, to be held on November 22. Please help make a difference by supporting the event and taking part. It will take place from the Hervormde Noord Kerk in Vygie Street at 19:00.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button