News

Middies hokkieseuns blink in Bloemfontein

Hoërskool Middelburg se hokkiespanne het tydens ’n kort toer na Bethlehem die Vrystaters gewys van watter stoffasie hulle gemaak is.

Middies se o/17 seuns en dogters hokkiespanne het die oog gevang tydens ’n kort toer na Bethlehem, met die seuns wat net vier doele afgestaan het!

Seuns uitslae:
Middies se seuns is die kampioene van die toernooi met 24 doele!
Hulle wen Goudveld 8-0, wen Witteberg 5-1, wen Trio 6-0, gelykop vs Sasolburg 2-2, wen Midstream 3-1.
Jethro Schmidt ontvang die toekenning as middelveldspeler van die toernooi en Ben Nel word aangewys as die beste verdediger.

Dogters uitslae:
Die dogters eindig derde in Poel A uit 10 skole en eindig algeheel vierde uit 21 skole.
Hulle wen Goudveld 2-0, gelyk vs St Anne’s B 0-0, verloor vs St Anne’s A 1-3, wen Witteberg 1-0, wen Sasolburg 3-1, wen EG Jansen 1-0, wen Hugenote 2-0, wen Bethlehem Voortrekker 2-0, verloor vs HP Uitnodigingspan 0-2 en wen Noordheuwel 1-0.

Die o/17 hokkiedogters. Voor: Johanni Moller, Kylie Waldeck, Sanesca Swanepoel, Danica Meyer, Bokkie Magagula. Middel: Siphiwe Thwala, Danyall Leonard, Isabel de Beer (spanbestuurder), Charlé Alberts (afrigter), Naledi Msibi, Bontle Maseko, Batho Masuku. Agter: Michayla Hayton, Riemke Swart, Karli Engelbrecht, Diani Jacob, Karla Leemans, Tyla Longuiera en Grethe Martin.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button