News

’n Laaste groet vir Leah

Leah die vriendelike donkie is gister vir die laaste keer by Amora Dierepark gegroet.

Marietjie Britz het gister snikkend afskeid geneem van haar geliefde donkie, Leah.

Leah het almal altyd begroet met haar snuffelende neus vir iets om aan knibbel. Boonop het sy baie sagkens gewerk met al die kinders wat by Amora Dierepark gaan kuier het by die Middelburg Stasie.

Die donkie gaan nou op ’n plaas bly in haar eie kamp. Marietjie het gesê dat Leah gister klaar ‘ingetrek’ het in haar kamp. “Sy gaan baie gelukkig wees daar, want daar is selfs ’n reuse appelkoosboom vir koelte.”

Marietjie loop saam met Leah in haar nuwe kamp rond.
  • Amora Dierepark het gesluit en het Marietjie aangedui dat al die diere huise gekry het.

Lees ook: Amora Dierepark maak toe

  • Sy wil graag al die persone wat by die park stalletjies gehad het, asook die ouers en kinders wat hulle deur die jare ondersteun het, van harte bedank.
@middelburgobserver

Sad News: Amora Animal Park has sadly been closed. Fortunately, Leah the donkey was relocated to a farm.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button