Weervoorspelling sê ons gaan warm kry!
As gekyk word na die weervoorspelling vir die res van die week, gaan ons baie warm kry!
Volgens ‘Google Weather’ gaan die kwik vandag (Maandag) styg tot ’n maksimum van 28 grade (°), met bewolkte toestande en wind van 11km/p/h.
Die res van die week word die volgende voorspel:
Dinsdag:
Minimum 15°, maksimum 28°, gedeeltelik bewolk vanaf 10:00, wind 16km/p/h.
Woensdag:
Minimum15°, maksimum 29°, gedeeltelik bewolk vroegoggend en weer vanaf 15:00, wind 16km/p/h.
Donderdag:
Minimum 17°, maksimum 31°, sonnig in oggend, gedeeltelik bewolk vanaf 15:00, wind 18km/p/h.
Vrydag:
Minimum 18°, maksimum 29°, bewolkte toestande met ’n 50% kans vir reën vanaf 16:00, wind 13km/p/h.
Saterdag:
Minimum 18°, maksimum 28°, gedeeltelik bewolk vanaf 12:00, wind 13km/p/h.
Sondag:
Minimum 17°, maksimum 28°, gedeeltelik bewolk vanaf 09:00, wind 16km/p/h.
