News

Liggies kan kinders se lewens ophelder

Liggierit vir ’n spesiale huis van wonderwerke.

Dit was 20 Junie 2017.
Iemand het by die kantoor ingestorm met ’n: “Daar is ’n baba in ’n asdrom”.

Joernaliste het vervaard na Joubertstraat gehardloop.

Voor die blou asdrom het Karin Loesch op en af gewieg, gekerm-huil.
Binne die blou asdrom was ’n volmaak gevormde babadogtertjie.

Gerhard Rheeder het die storie gevat en die weggooibabakrisis onder die gemeenskap se aandag gebring.

’n Reeks berigte het gevolg wat tot gevolg gehad het dat die weggooidogtertjie ’n naam gekry het; Madison. Dat ’n babakluis by die St John’s Presbiteriaanse Kerk opgerig is. Dat Madison ’n volwaardige begrafnis gekry het.

Daar was skeptici wat getwyfel het of die babakluis suksesvol sou wees.

“Al red ons een baba,” het die betrokkenes verklaar.

En toe gaan die alarms af en die mooiste klein babadogtertjie word in die kluis gekry.
Sy het gou in almal se harte gekruip.

Dié dogtertjie het later ’n gereelde besoeker aan die Middelburg Observer se redaksiekantoor geword en het die eerste boek ontvang by die bekendstelling van Ink is Dikker as Bloed by die Buiteklub.

Maar iemand moes haar versorg, sorg dat sy gevoed en geklee word.
Daardie verantwoordelikheid is deur House of Miracles aanvaar.

Dieselfde veilige hawe wat nog ’n seuntjie versorg wat in die babakluis gekry is.

Nou kry die gemeenskap en veral die fietsrygemeenskap, Vrydagaand 22 November, geleentheid om ’n bydrae te lewer sodat House of Miracles kan oorleef. Die huis versorg tans agt kinders.

Die liggierit, wat by die Hervormde Noord Gemeente om 19:00 in Kanonkop begin, het House of Miracles gekies om ’n verskil te maak.
Almal is welkom om aan die 20 kilometer deur die strate van Dennesig en Kanonkop deel te neem.

Veral doeke, enige babaprodukte, Novalack AR Digest vir die kleinste baba, skoonmaak produkte, wetwipes, superrmark koopbewyse en dalk geskenkies, is welkom.

Dit kan ook vooraf by Basson&Beyers Fietsrywinkel in die Midwater Sentrum afgelewer word.

Omdat die ‘Nappy Run’ hierdie jaar nie suksesvol was nie is daar ’n groot behoefte by House of Miracles.

Vir navrae kan fietsryklub voorsitter Jaap Beyers by 082 802 7586 of Lu-Anne Dippenaar van House of Miracles by 082 602 5139 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button