News

Video: Liggiefees het begin!

Die jaarlikse Liggiefees by die Middelburg Care Village het gisteraand begin!

Vanjaar lyk die liggieroete by die Middelburg Care Village heelwat anders as die vorige jare en kan Middelburgers nie bekostig om dit te mis nie!

André Brandmuller (direkteur, Middelburg Care Village) het almal welkom geheet by die fees en die ligte aangeskakel sodat almal na die liggies op die roete kon gaan kyk.

Die Liggiefees by die Middelburg Care Village is tot 18 Desember en is daar dus meer as genoeg tyd om die hele familie soontoe te neem.

Connie en Amanda van Staden met hul kleindogter, Leah van Staden.

Hekke open daagliks om 17:30 (buiten Sondae) en is daar verskeie stalletjies met eet- en drinkgoed, asook geskenke te koop.

Toegang is R40 per persoon, R30 vir pensioenarisse en gratis vir kinders onder twee jaar.

Dennis, Phumzile, Brighton en Christian Ntuli.

• Daar is 108 kinders by die Middelburg Care Village en deur ’n kaartjie te koop vir die fees, ondersteun jy al hul projekte tot voordeel van die kinders.

John Brislin en Paul Mthimunye (direkteure by die Middelburg Care Vilage en Wendy Brislin.
Louwtjie Jansen van Rensburg wys sy liggieswaard.
Louiza Nimmo, André Brandmuller en Elsabé Dawson staan in die liggietonnel.
Charles Venter, Benegene en Miekelee van Tonder.
Een van die vele besondere liggie-hoekies.
Die uitleg van die liggies is verander.
Zane Janse van Rensburg speel in die pretpark, wat vanjaar oop is vir die kleingoed.
André Brandmuller en Anthony Davis (direkteure van Middelburg Care Village).
Louiza Nimmo en Elsabé Dawson by die liggievlerkies.
Kersvader se ‘speelgoedwinkel’.
Joy en Chi Chi Okonkwo het hulle verkyk aan die reuse ‘beer’ wat uit bale gemaak is en verlig word met groot ligte.

 

@middelburgobserver

The Middelburg Care Village’s Lights Festival is officially underway! Visit the dazzling show Mondays through Saturdays from 17:30 to 21:30.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button