News

Almal op hol oor ‘bom’ in Aerorand

Noodvoertuie het hulle gister gehaas na ’n huis in Aerorand oor ’n moontlike ‘bom’ op ’n sypaadjie.

Selfs die bom-eenheid van Carolina is gister uitgeroep na ’n huis in Aerorand, na ’n oproep vanaf ’n bekommerde inwoner.

“Ek is verstom met die vinnige reaksie vanaf die polisie, die brandweer en die verkeersdepartement! Almal was binne minute hier. Hulle het selfs die bombsquad van Carolina laat weet dat dit ’n moontlike bom kon wees, maar hulle kon darem betyds gekeer word en het hulle omgedraai,” het die inwoner, wat verkies dat sy en die straat waarin hy bly se name weerhou word, gesê.

Die verkeersdepartement, brandweer en polisie was blitsig op die toneel.

Hy het omstreeks 16:00 tuisgekom en dadelik gesien dat daar iets nie pluis is op die bure se sypaadjie nie.

“Daar het oop kabels langs mekaar gelê, met putty daaraan vas. Dit het gelyk asof iemand besig was om ’n bom te bou.” Hy het dadelik die polisie geskakel, wat blitsig op die toneel was. Kort daarna het die brandweer en verkeer opgedaag en is die pad toegemaak.

Met nadere ondersoek is gevind dat booswigte kabels uitgetrek het om te steel en dit waarskynlik net so gelos het toe die storm losgebars het. Die man weet nie waarom daar stopverf (putty) aan die drade vas was nie. Hy vermoed dit was om dit bymekaar te hou.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button