Penny het ‘n verskil in lewens gemaak
Penny Hamann wat oral waar sy gegaan het, ’n verskil gemaak het, is Maandagoggend oorlede.
Penny Hamann (82) se familie onthou haar as ’n vrou wat almal altyd wou help, bederf en versorg.
Sy is Maandag in die vroeë oggendure oorlede.
Penny en haar man, Bennie Hamann, was welbekend waar hulle betrokke was by Middelburg Staal en Betonwerke.
Sy was vir jare die eienaar van die bekende Shalom Modes Boutique klerewinkel in die De Kock gebou in die vroeë 80’s. Later was sy aan die stuur van ’n dagsorgsentrum in die dorp.
Elke persoon wat haar pad gekruis het, onthou haar vir haar besondere omgee persoonlikheid en die verskil wat sy in hul lewens gemaak het.
“Onse moeder en vriendin het haar aarde woning verruil vir haar Ewige Woning. Ons as haar kinders, kleinkinders, familie en vriende sal haar verseker mis.
Die begrafnis is Vrydag om 12:00 uit die PPK Lofdal-gemeente op die hoek van SADC en Meyer Straat.
• Persone wat met die familie wil kontak maak, kan Mari skakel by 072 800 8757.
