News

Billy se begrafnis kan aanlyn gevolg word

Die welbekende Billy Hefer se begrafnis is vandag.

Persone wat nie Billy Hefer se begrafnis vandag kan bywoon nie, kan dit aanlyn volg.

Billy (64) het op 23 November in sy vrou, Magriet, se arms gesterf.

Hy het die oggend nie lekker gevoel nie en het Magriet hom omstreeks 06:20 in die badkamer gekry. Hy het gesê hy voel sleg en naar.
Die nooddienste is ontbied, maar Billy het sowat 10 minute later in sy vrou se arms gesterf as gevolg van ’n hartaanval.

Billy was die Parte Verkoopsman by NMI Toyota en Hino Middelburg.

Familie en vriende onthou hom as ’n saggeaarde man wat altyd ander bo homself gestel het.

• Die begrafnis is vandag om 11:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente.
• Die diens kan aanlyn gevolg word deur in te gaan op dié skakel: https://youtube.com/live/RULHVH8_szk?feature=share

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button