Persone wat nie Billy Hefer se begrafnis vandag kan bywoon nie, kan dit aanlyn volg.
Billy (64) het op 23 November in sy vrou, Magriet, se arms gesterf.
Hy het die oggend nie lekker gevoel nie en het Magriet hom omstreeks 06:20 in die badkamer gekry. Hy het gesê hy voel sleg en naar.
Die nooddienste is ontbied, maar Billy het sowat 10 minute later in sy vrou se arms gesterf as gevolg van ’n hartaanval.
Billy was die Parte Verkoopsman by NMI Toyota en Hino Middelburg.
Familie en vriende onthou hom as ’n saggeaarde man wat altyd ander bo homself gestel het.
• Die begrafnis is vandag om 11:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente.
• Die diens kan aanlyn gevolg word deur in te gaan op dié skakel: https://youtube.com/live/RULHVH8_szk?feature=share
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.