Video: Dagpatrollie spring in om paaie vir inwoners te beveilig
Dagpatrollielede het gisteraand tot laat gewerk om verlede week se stormskade op te ruim.
Volgens Arthur Hill (van Dagpatrollie), het die tak van ’n boom gister uit die bloute in Oribistraat geval en meeste van die baan in Lilian Ngoyistraat se rigting afgeblok.
Die staatligte in Oribistraat is ook buitewerking en die boom was ’n gevaar vir motoriste.

“Ons het dit gerapporteer, maar is ingelig dat die munisipaliteit nie teen Sondagaand die boom sou kon verwyder nie. Toe besluit ons, ons spring self in en maak die pad skoon.”
Arthur en een van sy lede het die nodige toerusting gaan haal en die boom opgesaag.
Hy vertel dat ’n paar kinders van die Dagpatrollielede ook ’n handjie bygesit het.

“Ek wil die kinders spesiaal bedank dat hulle gehark het en die strate skoongemaak het.”
• Die lede het tot na 23:00 gisteraand gewerk om die pad skoon te kry.
@middelburgobserver Dagpatrollie members clear a fallen branch in Oribi Street.
