News
Voormalige kragstasiebaas in Kaap oorlede
Medelye stroom in vir die ontslape Johan Nel (72) wat Vrydag in die Blouberg Hospitaal in die Kaap oorlede is na ’n operasie.
Mnr. Nel was die voormalige bestuurder van Komati Kragstasie.
Hy en sy vrou Diana het jarelank in Middelburg gewoon, en in Dennesig gebly.
Nel is die skoonpa van die voormalige Mpumalanga DA leier en oud-Middelburger, Anthony Benadie, wat met sy dogter Johan-Lee getroud is.
Die Benadies woon ook in die Kaap.
Nel was voor sy dood woonagtig in Langebaan.
Hul ander dogter, Emeline Smith, woon steeds in Middelburg.
• Kry die week se Middelburg Observer vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.