News

Dagpatrollie vat hande met STLM om nog ’n boom op te saag

Die Middelburg Dagpatrollie het weer die moue opgerol om die paaie vir motorist te beveilig.

Volgens Arthur Hill was Dagpatrollielede gister ingelig oor ’n boom wat in Maroelastraat omgeval het.

Dagpatrollielede het soos Maandag, die nodige toerusting geneem om die boom op te saag en die takke te verwyder.

“Die boom het na gistermiddag se wind middeldeur geskeur en die hele pad versper. Ons was skaars tien minute besig, toe DA Raadslid Johann Dyason gereël het dat die munisipale parke-afdeling ook hand by sit. Ons was bly vir die ekstra hande. Die stompe lê tans op die sypaadjie, maar parke sal waarskynlik vandag verder kom opruim.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button