News

Kanonkop geweerskote toe net gebarste bande

Van Wettens weer tot die redding toe kar byna op treinspoor beland

Kanonkop inwoners het kort na 23:00 gisteraand geweerskote gehoor, maar die geluide was net bande wat gebars het toe ‘n man ‘n sypaadjie getref het.

Nooddienste het weer bontgestaan vir talle botsing wat in en om die dorp aangemeld is deur die nag.

Met die Middelburg Observer se aankoms op die hoeke van Lilian Ngoyi en Oribistraat net na 23:00 is ‘n voertuig in die middel van Oribistraat gekry, met twee bakkies weerskante van die voertuig, waarin hulpverleners was.

Daar was aanvanklik berigte dat ‘n voertuig se bande moontlik deur die polisie in ‘n jaagtog uitgeskiet is.

Verskeie inwoners het die ‘geweerskote’ gehoor, en gerapporteer.

Die voertuig het egter ‘n sypaadjie getref, en bande in die botsing gebars.

Omstreeks 04:00 vanmore het Van Wettens Insleepdienste weer spiere gewys, en ‘n voertuig van die treinspoor naby die DBV uit ‘n veld gesleep, nadat die voertuig die pad verlaat het.

Van Wettens in aksie.

Net na 02:00 is nooddienste ook na die Broodsnyersplaas omgewing ontbied op die Vandyksdriftpad, waar ‘n voertuig gerol het.

Die voertuig wat gerol het.

Daar is ook net na 22:00 op die Traffic Alert-groep twee kapingspogings op die N4 aangemeld as waarskuwing aan ander motoriste.

Waar en wat gebeur het in die amperse kapings is egter nie gedeel nie.

Die voorvalle is by Trac aangemeld, maar dis onduidelik waar op die N4 dit gebeur het.

Patrollies is intussen opgeskerp op die N4 weens die vakansie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button