News
Slag toe bakkie ‘n boom tref ruk almal in omgewing wakker
Die slag toe 'n bakkie 'n boom tref het vanoggend inwoners in Dennesig wakker geskud.
‘n Nissan NP300 bakkie het omstreeks 06:30 vanoggend in ‘n boom op ‘n sypaadjie in Dennesig vasgery.
Daar is op die Dagptrollie- en Traffic Alert WhatsApp-groepe vir hulp gevra nadat die bakkie ‘n boom getref het op die hoek van Njala- en Harry Gwalastraat.
Die bestuurder van die bakkie is ‘n rukkie later deur omstanders uitgehelp en is gesê dat hy gelukkig nie ernstige beserings opgedoen het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
