News

Hengelaar vind hoop weggooi medisyne by Krugerdam

’n Inwoner het verlede Dinsdag op ’n groot hoop medisyne soos pynpille en hoesstroop afgekom oorkant Krugerdam.

Mnr. Eugene van Jaarsveld sê hulle het die dam besoek om te hengel, toe hy op die medisyne afgekom het.
Hy het dadelik foto’s van die vonds geneem.

Volgens hom is die hoop medisyne ’n ent van die dam af gevind.
Hulle het by ’n paadjie afgedraai dam se kant toe, toe hy die hoop medisyne gewaar het.

Hy is hoogs bekommerd dat kinders dalk op die gevaar kan afkom.

Volgens hom lyk dit bloot of die gevaarlike vrag langs die grondpaadjie afgelaai is.

Die reuse hoop medisyne wat langs die pad afgegooi is.

Volgens fotos wat hy verskaf het, is sinusmedisyne ook weggegooi.

Daar is geen aanduiding op enige van die verpakkings waar die medisyne moontlik vandaan kon kom nie.

Die meerderheid van die medisynepakkies is Gen Payne pynmedikasie wat oor die toonbank gekoop kan word.

Die munisipaliteit is van die vonds in kennis gestel en het onderneem om te gaan skoonmaak.

Die foto’s is ook vir burgemeester Mhlonishwa Masilela aangestuur, wat dit dadelik onder die waarnemende munisipale hoof, dr. Elizabeth Tshabalala, se aandag gebring het.

“Dit is vakansie en kinders loop rond,” sê Van Jaarsveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button