News
Tafeldoekdief laat alarms by skoonheidskliniek loei
’n Inbreker moes Sondag maar sy buit laat val en hardloop, toe sekuriteitskameras by Clinique Estique in Beyers Naudestraat sy bewegings opgetel en ’n alarm geaktiveer het.
Volgens Titon Sekuriteit en Alarms is ’n alarm omstreeks 12:18 geaktiveer in die deurloop van die sentrum.
Die deurloop word deur kameras gemonitor en die inbreker se beweging is dadelik opgetel.
Die alarmsisteem is met die aktivering van die kamera ook geaktiveer.
Die boef het toe die gesteelde goedere wat by hom was, neergegooi en laat spaander.
Titon reaksiemanne was weer in ’n oogwink op die toneel waar verskeie tafeldoeke op die grond gevind is.
Daar is later gevind dat die tafeldoeke aan Churika Decor Rental behoort.
Die gesteelde tafeldoeke is deur Titon aan Churika terugbesorg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.