News

Inbrekers was bedrywig die naweek

Misdadigers was oor die naweek bedrywig met ten minste twee inbrake wat in Kanonkop en Groenkol gerapporteer is.

Daar is by ’n huis en woonstel in Kanonkop ingebreek terwyl die eienaars nie tuis was nie.

Volgens Rizaan de Vos het ’n verdagte Sondag omstreels 01:30 vermoedelik oor die palissades geklim en hulle twee honde op ’n manier agter in die erf toegemaak.

Die dief het daarna by die lapa ingebreek en ’n stel luidsprekers gesteel. Daarna het hy by die woonstel, wat Rizaan as ’n naelsalon gebruik, ook ingebreek.
“Hy het van die tassies waarin ek my goed stoor, leeggemaak en die goed wat hy gesteel het daarin gepak,” het Rizaan verduidelik.

Die dief is weg met ’n klein waaier, ’n stofsuiertjie wat met die hand bedryf word, ’n elektriese braaipan, en ’n ketel.

• Die flinke werk van ’n waaksame buurman het ’n inbreker in sy spore gestuit.

Volgens Arno de Klerk het hy reeds Vrydag al onraad vermoed nadat ’n kar voor sy huis in Groenkol gestop het.
Die bestuurder het verdag voorgekom en Arno het besluit om waaksaam te wees.

Arno se instink was egter reg en Sondag om 03:30 het ’n verdagte by sy bure in Vaalstraat probeer inbreek.
“Ek was reeds wakker gewees omdat ek baie geluide in die straat gehoor het. Ek kon hoor hoe mense in die straat vir mekaar fluit. Daarna was daar ook kapgeluide.”

Arno is wakker gemaak deur sy hond wat blaf en toe hoor hy hoe glas breek.
Hy het opgevlieg en met ’n flits sy erf nagegaan.

“Ek het agtergekom dat niemand in my erf is nie, maar toe ek met my flits oor die muur skyn, het ek ’n verdagte betrap wat besig was om by my bure in te breek.” Die dief het gevlug, maar egter weer terug gekom.

Arno het op die dief geskree en die polisie gebel.
“Dit het die polisie ’n halfuur geneem om uit te kom, toe bel ek Dagpatrollie, wat binne ses minute op die toneel was.”
Met Dagpatrollie-lede se aankoms was die dief reeds weg, maar gelukkig sonder dat hy iets kon steel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button