Video: Reënwater dam op in landerye, spoel oor pad
'n Video wys hoe water vanuit landerye oor die pad spoel.
‘n Vragmotorbestuurder van Middelburg wat die land se paaie deurkruis, het aan die hand van ‘n video gewys hoe nat die paaie is weens die baie reën.
Wynand Spencer het vanoggend op die Traffic Alert WhatsApp-groep die video gedeel.
Hy noem dat daar oral langs die paaie water lê weens die welkome reën wat uitgesak het.
Op die roete buite Roedtan op die N11 vanaf Mokopane het hy egter vir die tweede keer hierdie week water op die padoppervlakte gekry.
Dit het só erg in daardie area gereën dat die water in die landerye opgedam en oor die pad gespoel het.

Wynand het motoriste wat in daardie rigting moet ry, gewaarsku om stadiger te ry in daardie area.
Motoriste wat deel wil word van die Traffic Alert WhatsApp-groep wat inligting deel wat op die paaie aangaan, kan vir Louwtjie Swart (Middelburger wat in beheer is van die groep) ‘n WhatsApp stuur by 078 400 9517.
@middelburgobserver Vragmotorbestuurder waarsku oor reënwater wat opdam in landerye en oor pad spoel buite Roedtan op die N11 vanaf Mokopane.
