News

Ons kyk terug op ’n hartseer Augustus met begrafnis van ses kinders

Die jaar is verby, maar moet daar tog teruggekyk word na herinneringe in Augustus wat ons gemeenskap nooit sal vergeet nie.

Augustus het ’n warboel van emosies gebring met ’n wonderwerk tussen vure op die eerste voorblad, waarna die volgende voorblad almal tot stilstand geruk het met ’n moeder se verhaal wat gesien het hoe haar dogter na ’n busongeluk gesterf het.

Koerant:

‘Midde in verstikkende rook en vlamme wat gevaarlik naby soos tornados al om hulle gedraai het, het Leonie Brink net aangehou bid vir die Vader se beskerming.’ Die inleidingsparagraaf van die voorbladstorie van 2 Augustus.

’n Brand, wat met stormsterkte winde aangejaag is, het afgepeil op mens en dier, maar Leonie het aangehou bid en het daar wonderwerke voor haar oë afgespeel toe almal gespaar is.

Op 9 Augustus vertel Tiisetso Malunga die hartseer verhaal van Celina Shabalala wat gesien het hoe haar 14-jarige dogter, Katlego, kort na die busramp voor haar oë gesterf het. Die ander kinders wat gesterf het, was Sibusiso Mokonene (16), Joseph Innocent Mabena (16), Nomfundo Alicia Sibanyoni (18), Sinenhlanhla Destiny Sibanyoni (17) en Dimpho Masina (16).

’n Week later is ’n massabegrafnis gehou vir die ses kinders wat gesterf het.

Hoërskool Kanonkop het in Augustus hul jaarlikse revue aangebied en wat ’n kleurryke geleentheid was dit nie!

Hoërskool Kanonkop se Swartleeus maak ook vanjaar geskiedenis deur die SDC Noordvaal finaal te wen!

Webtuiste

Die verkragting en moord van die 11-jarige Lwandle Sphesihle Masuku skok die hele land. 

Lees ook: Family’s grief: 11-year-old girl raped and murdered

 

’n Video van Hoërskool Middelburg se Daniël Cronjé waar hy dans by die skool om almal opgewonde te maak vir die wedstryd teen HTS Middelburg het landswyd opslae gemaak.

Kyk die video hier: Watch MHS learner’s amazing viral video

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button