Video: Groot skade na kettingbotsing in sakegebied
Duisende rande se skade is gely nadat vier voertuie vanoggend betrokke was in 'n kettingbotsing.
‘n Taxi en drie ander voertuie was vaoggend (30 Desember) omstreeks omstreeks 10:15 in ‘n ongeluk betrokke op die hoek van Bhimy Damane- en Walter Sisulustraat (Sentrale Sakegebied, Middelburg).
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie duidelik nie, maar daar kon gesien word op die toneel dat drie voertuie mekaar getref het en een ook ‘n taxi (wat by die verkeerslig gestaan het) daarna van agter getref het.

‘n Persoon het na die botsing inmekaar gesak en is per ambulans hospitaal toe geneem.
Talle omstanders het na die ongeluk op die toneel saamgedrom en was verkeer aan Bhimy Damanestraat se kant vir sowat ‘n halfuur ontwrig.

@middelburgobserver Kettingbotsing by verkeerslig in Sentrale Sakegebied, Middelburg. Gelukkig geen ernstige beserings.
