News

Vuurwerke jaag honde die strate in

Verskrikte honde het laasnag in die strate rondgehol as gevolg van Nuwejaarsklappers wat hulle die skrik op die lyf gejaag het.

Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum/Gemeenskap in Blou, het laasnag die Dierebeskermingsvereniging ondersteun deur verskrikte diere na veiligheid te bring.

Senior inspekteur Petro Oberholzer het haar dank uitgespreek teenoor die GPF, in besonder vir JP Peyper (ook ‘n vrywilliger by die DBV), vir hul hulp laasnag.

Die GPF-lede het hul nagtelike patrollie begin deur eers aan te doen by die DBV, waar almal saam koeldrank gedrink het. Vandaar het hulle in die dorp rondgery om beangste diere wat vlug vir vuurwerke, te help.

In Aerorand het ‘n worshondjie weggehol vir klappers en is hy deur die lede gevang.

Vandaar het die groep beweeg tot in Hoogstraat waar hulle twee bulterriërs in die straat gekry het. Een van die honde is gebyt deur ‘n pit bulterriër wat uit ‘n erf gekom het. JP het die hond gevat na ‘n veearts vir behandeling.

Snr-insp. Oberholzer noem dat buiten die genoemde honde, hulle nog ‘n hond gehelp het wat rondgehol het in die strate.

Die meeste van die honde wat laasnag ingekom het, se eienaars is weer opgespoor. Die twee bulterriërs het klaarblyklik weggehardloop vir vuurwerke in Uitbreiding 18 en het die eienaar vanoggend sy honde kom haal.

Die honde wat ingekom het ten spyt, sê snr-insp. Oberholzer dat die klapperskietery met die aanbreek van nuwejaar nie so lank aangehou het soos vorige jare nie.

  • Snr-insp. Oberholzer wil graag ook haar span en ander vrywilligers by die DBV bedank vir hul harde werk gedurende die feesseisoen: Hulle is: Jonas Lubisi (wat vanoggend tot 04:30 gewerk het), Prince Mokwana, Brenda Ferreira en Corrie van Rooyen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button