News
Jong man wat in motorfietsongeluk was, oorlede
Daar is pas verneem dat die jong man wat vanmiddag in die motorfietsongeluk in Sipresstraat betrokke was, oorlede is.
Die jong man wat vanmiddag net na 15:00 in ‘n motorfietsongeluk in Kanonkop betrokke was, het weens sy beserings gesterf.
Die joernalis het Zain Powell (25) se familie geskakel om te verneem hoe dit met hom gaan, waarop die manspersoon wat die selfoon geantwoord het, gesê het dat hy oorlede is.
Daar is op Facebook gevra dat almal respek aan die familie sal betoon en in hul gebede aan hulle sal dink.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
