Talle voertuie se bande beskadig weens slaggate op N11
Verskeie voertuie was laasnag langs die pad gestrand nadat hulle slaggate getref het op die N11 tussen Middelburg en Hendrina.
Talle voertuie het laasnag en vanoggend slaggate op die N11 tussen Middelburg en Hendrina getref.
Weens die erge reën die afgelope paar weke, het daar slaggate gevorm op die N11, veral tussen die Sturgess Plaas en SIS.
Omstreeks middernag is daar op die Traffic Alert-WhatsApp-groep genoem dat ten minste agt voertuie langs die pad staan wat slaggate getref het in die reën.
David Ross (Ross Towing) het omstreeks 01:00 laat weet dat al die voertuie se bande geruil en weer gery het. Dit was vyf voertuie van Transkei wat saamgery het en het twee van hulle die slaggate getref.

Die Suid-Afrikaanse Pad Agentskap het gistermiddag in ‘n persvrystelling op die MP Riots & Traffic-groep al gewaarsku dat daar op dié pad talle groot slaggate is. Daar is gesê dat motoriste veral in die reën en in die nag versigtig moet wees.
Die padagentskap het ‘n noodnommer beskikbaar gestel, sou iemand gestrand wees langs die pad. Die nommer is 0800 487 233.
- Motoriste wat deel wil word van die Traffic Alert-groep, kan ‘n WhatsApp stuur vir Louwtjie Swart by 078 400 9517.
