Daar is bevestig dat ‘n sluis vanaand om 23:00 by die Middelburgdam gelig sal word.
Die damstand is tans 97.20%.
Water stroom tans met meer as 700mm by die dam se inloop in.
Die kompensasieklep is reeds oopgedraai, maar die lig van ‘n sluis is nou nodig met die aanhoudende sterk inloop van water.
Inwoners word gewaarsku om van die Klein Olifantsrivier af weg te bly, veral in laagliggende areas.
Die laagwaterbruggie in Asaliastraat moet ook vermy word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
