Loskopdam se damwal loop oor!
Die prentjiemooi gesig het motoriste en besoekers aan die dam vanmore met sonop begroet.
Die damwal loop oor nadat ‘n sluis gisteraand by die Middelburgdam gelig is.
Middelburgdam se watervlakke het gister laat met meer as 700mm begin styg by die inloop, met die dam wat teen Woensdag nog maar net sowat 80% vol was.
Die massas water wat die dam invloei het die oopmaak van ‘n sluis genoodsaak, nadat ‘n kompensasieklep eers by die dam oopgedraai is.

Volgens regeringstatistieke wat intussen op die Middelburg Reënval Facebook-groep gelaai is, was die Invloei gister 50.76 m3/s, en die uitvloei van die dam op 3.04 m3/s.
Volgens weervoorspellings is daar vandag meer as 80% kans op reën met ‘n maksimum temperatuur van 23° en ‘n minimum van 16°.
Daar word ook vir volgende week verdere neerslae voorspel.
Vier sluise moes ook gedurende die afgelope ruk by Witbankdam gelig word.
