News

HTS Middelburg matrieks van 2024 vier sakke vol onderskeidings

Hoër Tegniese Skool Middelburg het vanoggend die rooi tapyt uitgerol vir die Rooi Bulle se Klas van 2024, met verlede jaar se matrieks wat hul uitslae ontvang het.

Daar sal in dié week se Middelburg Observer breedvoerig uitgebrei word oor die skool se toppresteerders.

Johané Holtshauzen (sewe onderskeidings).

Juvan Smit was die skool se toppresteerder met agt onderskeidings, gevolg deur Johané Holtshauzen met sewe onderskeidings in die sak.

’n Aantal matrieks het ook ses onderskeidings behaal insluitende dokter Danie du Plessis se dogter, Danica.

Dokter Danie du Plessis en sy dogter Danica (ses onderskeidings).

Talle het ook vyf en vier onderskeidings behaal.

• Kry jou uitgawe van dié week se Middelburg Observer vir meer besonderhede.

Yvette van Dijk en Jessica Nagel.
Xander de Klerk, Jannie Neethling en Heinrich Herrmann.
Mienke Botha by haar trotse pa, Le Roux Botha.
Hendrik Nel, Toy Engelbrecht, Gerry Gendall, Jaque Stassen en Ruben Steenkamp.
Die plaaslike spesialis-aanklaer, Derik Rowles, by sy dogter Andri en haar ma Annelie.
Dimpo Moyambo.
Logan Nienaber.
Trotse ma Milinda Botha by haar dogter Clarissa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button