News

Twéé sluise oop – Klein Olifants bruis kant en wal!

Die Klein Olifantsrivier is ’n bruisende massa water nadat twee sluise gister oopgemaak is!

Middelburgers stop oral langs die pad om die Klein Olifantsrivier in sy bruisende glorie te bekyk.

Twee sluise is gister oopgemaak en is steeds oop.

Op sommige plekke lyk die rivier soos ’n dam.

Damopsigter David Nonyana sê hy het gistermiddag een sluis op ongeveer 200mm oopgemaak en is ’n tweede sluis deur die loop van die aand op 500mm oopgemaak.

• Beide die laagwaterbruggie onder die Kees Taljaard Stadion, asook die bruggie in Proteastraat, op pad na Mhluzi, is toegemaak omdat die water sterk oor die brûe spoel.

Die water het opgestoot tot by die kruising van John Magagula- en Koppiestraat.

• Voetgangers en motoriste word gewaarsku om nie oor die brûe te loop of te ry nie, want hulle kan meegesleur word met die sterk strome.

Sover as wat jy kyk is daar net water!

 

@middelburgobserver

Klein Olifantsrivier oorstroom sy walle nadat twee sluise gister by die Middelburgdam oopgemaak is.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button