News

Dief steel binne sekondes ’n sak vol plante!

’n Dief het binne sekondes ’n hele sak vol plante uit ’n bedding op ’n sypaadjie gesteel.

Inwoners in Gholfsig is vanoggend aan die hand van CCTV videomateriaal gewaarsku dat ’n plantdief in dié uitbreiding bedrywig is.

Daar is op die #Gatvol WhatsApp-groep die video gedeel en gemeld dat die dief gisteraand (Dinsdag) om 18:26 opgedaag het by die huis in Cowen Ntulistraat (Gholfsig).

’n Mens kan sien hoe hy aangestap kom en eers vir ’n rukkie op die muurtjie voor die hek sit. Daarna staan hy op en vroetel in sy sak en haal iets uit (dit is onduidelik wat dit is).

Op hierdie tydstip kom ’n voertuig verby gery en staan hy rond asof hy vir iemand wag. As die kar verby is, loer hy op en af in die straat om te sien of daar nie nog voertuie verby kom nie.

Die volgende oomblik buk hy af en pluk ’n sak vol plante langs die kant van die oprit uit ’n bedding uit en stap rustig weg. Hy los net één plant in die bedding!

Die plantdief het net één plant in die bedding oorgelos.
@middelburgobserver

Plant thief caught on camera! A video shows how a man steals plants in Gholfsig.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button