Al is die weer uitdagend, moet vissermanne nou vasbyt!
Die geharde hengelaars sal gou vir jou sê: ‘as jy nie jou lyne in die water het nie, kan jy nie visvang nie!’
Al is daar ’n goeie kans vir reën die naweek, moet die vissermanne beslis nie moed opgee nie.
Volgens Google Weather is daar ’n 50% kans dat dit later vanmiddag kan reën.
Die bewolkte toestande duur more (Saterdag) voort met ’n 40% kans vir laatmiddag reën. ’n Minimum van 16 grade en ’n maksimum van 26 grade word voorspel.
Sondag kan almal bietjie langer by die Middelburgdam en ander damme kuier met ’n sonnige dag wat voorspel word met ’n minimum van 16 en ’n maksimum van 28 grade.
• Gesoute hengelaar Braam Lee sê die karpvangste was maar min die laaste paar dae met die visse wat tans eiers lê. Met die baie reën die afgelope paar weke, stel hy voor dat hengelaars in die vlakker water hul lyne ingooi.
As hy kyk na die Toeps (Apps), maanstand en barometer, is die beste tye vir hengel as volg: Vrydag (vandag) 20:30 tot 22:30, Saterdag 14:14 tot 17:14 en 20:00 tot 22:00 en Sondag 15:00 tot 18:00.
