News

G3 ATLAS in Middelburg gesien!

Die G3 ATLAS-komeet wat Suid-Afrika se hemelruimtes kom besoek, is gisteraand in Middelburg gesien!

Die eens-in-’n-leeftyd geleentheid is deur Lulu Breedt-Stumpf en haar man vasgevang gisteraand om 19:45, so entjie op die Loskoppad uit.
Volgens Lulu is die skouspel nie ver uit die dorp uit gesien nie.

Die egpaar het spesiaal uitgery met die hoop dat hulle die verskynsel sal sien.

Lulu vertel dat hulle vanaand weer sal uitry, en hierdie keer ’n bietjie verder waar dit donkerder sal wees.

“Volgens wat ek al gelees het, sal die komeet tot die einde van die maand sigbaar wees, maar hy raak wel dowwer.”

FOTO: Lulu Breedt-Stumpf.

Volgens space.com het die G3 ATLAS ’n wentelbaan van 160 000 jaar, en sal hy hierdie week op sy helderste wees. Hy sal vandag ook sy naaste punt aan die son bereik.

“Ek het dit so interessant gevind! Dit was iets besonders om te beleef. Hulle sê hy wentel elke 160 000 tot 180 000 jaar om die aarde so dit sal ’n lang rukkie wees voor iemand hom weer sien!” het Lulu opgewonde gesê.

Lulu het goedgunstiglik haar foto’s van G3 ATLAS beskikbaar gestel vir die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button