News
Roudiens vir geliefde Tugela gehou
'n Bekende Middelburg inwoner is Saterdagoggend onverwags oorlede terwyl sy aangesterk het na 'n knievervanging in die Pretoria Oos Hospitaal.
Tugela Boshoff (71) was ‘n bekende gesig in tenniskringe. Sy en haar man, Kobus, het saam ‘n boekhouers- en afslaersbesigheid bedryf en het baie plaaslike boere se boeke gedoen.
Tugela was ‘n netjiese vrou wat jy altyd deur ‘n ring kon trek. Sy het geleef vir haar kinders en kleinkinders.
Sy word oorleef deur haar man Kobus, haar seuns, Naas en Cobus, haar skoondogters en kleinkinders Naas, Nicolaas en Hannah.
‘n Roudiens vind Donderdag om 11:00 vanuit die NG Kerk Kanonkop plaas.
Vir navrae kontak 072 399 1714.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
