KYK: Voertuigdiewe forseer hek oop, steel werksvoertuig
’n Titon reaksie-offisier het kardiewe in hul spore gestuit!
’n Plaaslike man was stomgeslaan toe sy baas hom Saterdag geskakel het met die nuus dat sy werksbakkie uit die werknemer se Meyerstraat erf gesteel is.
Die inligting het na vore gekom te danke aan ’n op-en-wakker Titon reaksie-offisier wat verby die groep voertuigdiewe gery het, en besef het daar’s fout.

Toe die reaksie-offisier sy voertuig omdraai, het die vier voertuigdiewe laat spaander en Hendrik van Achterberg se gesteelde werksvoertuig agtergelaat.
Die nommer op die deur van die voertuig is geskakel, en dis hoe die baas daarvan te hore gekom het.

Meer as R70 000 se skade is aan die voertuig aangerig.
• Lees die volledige storie in dié week se Middelburg Observer, wat reeds beskikbaar is by ons ‘Read-Thru’.
@middelburgobserver After criminals successfully push a stolen company vehicle from the employee’s property, the swift action of a Titon Reaction Officer scares them off, and the vehicle gets abandoned.
