News

Video: Zennie se kinders en kleinkinders was haar lewe

’n Herdenkingsdiens word volgende week vir Zennie Haarhoff gehou.

Zennie Haarhoff (68) se kinders en kleinkinders was haar hele wêreld.

Sy is op Oujaarsdag oorlede en het haar kinders ’n video saamgestel, wat wys hoe sy vir haar mense omgegee het, “Sy was ’n ma en ouma wat geluk gevind het in haar kinders en kleinkinders se geluk,” is gesê.

Hierdie besondere vrou se lewe sal gevier word met ’n spesiale roudiens wat op 31 Januarie om 11:00 uit die NG Kerk op Belfast gehou sal word.

Zennie het gesterf in die intensiewe eenheid van die opgegradeerde Johannesburg Algemene Hospitaal.

Sy het behandeling gekry vir divertikulose en ook verskeie operasies ondergaan, waarna haar organe skielik ingegee en sy oorlede is.

Zennie was vir meer as 30 jaar ’n inwoner van Belfast en was vir 10 jaar ook ’n korrespondent vir die Middelburg Observer op Belfast.

Sy het ses jaar gelede verhuis na Hartebeespoortdam en is na Covid na haar seuns toe in Boksburg.

Haar kinders en kleinkinders onthou haar as ’n vrou, “wat haar alles gegee het vir die mense om haar.”

• Zennie word oorleef deur haar kinders en skoonkinders: Jean en Vonne Haarhoff, Berno en Liezel Haarhoff, Francois Haarhoff en Juan Paul Els, Phillip Haarhoff en Phillip Steenberg, kleinkinders Heinrich, Francois, Mieke, Rianique en Jeane Haarhoff, asook haar geliefde hondjie, Chippie.

@middelburgobserver

Zennie Haarhoff se lewe gevier met roudiens op 31 Januarie (oorlede 31 Desember 2024).

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button