News

Trokdrywer sterf in ongeluk by kruising

Verkeer het vanoggend vir kilometers opgedam op die R33 na 'n trokongeluk waarin een persoon gesterf het.

‘n Trokdrywer is dood en ‘n ander een ernstig beseer in ‘n vragmotorongeluk vanoggend by die Wonderfontein/Carolina pad, waar dit met die N4 (naby Belfast) kruis op die R33.

Die ongelukstoneel op die Wonderfontein/Carolinapad waar dit met die N4 (naby Belfast) kruis.

Na wat verneem word het die twee trokke gebots en is daar ‘n geruime tyd gesukkel om die drywer van een van die trokke met lewenskake te bevry.

Paramedici het vir ‘n geruime tyd vir sy lewe geveg, maar hy is kort daarna op die toneel oorlede.

Die ander trokdrywer is per ambulans na die Carolina Hospitaal geneem.

Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend nie.

Die as met wiele van die een vragmotor het afgebreek tydens die ongeluk.
Verkeer op die R33 het ‘n geruime tyd stilgestaan, terwyl daar met opruimingswerk op die toneel besig was.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button