News

Boet en sus se harte gebreek – fietse gesteel

’n Dogtertjie en haar kleinboet se harte is gebreek nadat hul fietse laasnag uit hul motorhuis gesteel is.

Booswigte het laasnag hul voertuig tot teen ’n muur in Mauserstraat (Dennesig) getrek, waarna ’n dief oor die muur gespring, die motorhuis oopgebreek en twee kinders se fietse gesteel het.

Mishay (12) en MW Stander (8) was vanoggend baie ontsteld toe hulle verneem dat hul fietse gesteel is.

Hul ma, Tammy, sê daar is laasnag in hul motorhuis ingebreek en buiten die fietse, ook elektriese gereedskap gesteel.

MW Stander (8) met sy Mongoose fiets wat ook laasnag gesteel is.

Na aanleiding van spore kan daar op die sypaadjie gesien word hoe ’n voertuig tot teen die muur getrek het. Een stel spore wys dat ’n dief daarna oor die muur gespring het. Die motorhuis se slot is gebreek en die deur oopforseer om by die fietse en gereedskap uit te kom.

Wat me. Stander omkrap, “is dat hulle ons moontlik dopgehou het, want hoe het hulle geweet die fietse is in die motorhuis?”

Hulle het die fietse, ’n swart Mongoose Trick fiets en ’n swart fiets, waarop Raleigh in pienk geskryf is, in 2022 vir die kinders gekoop.

As enigiemand die fietse probeer verkwansel, skakel Tammy by 081 511 0193.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button