News
Diewe laat spaander en los kragopwekker agter
Diewe het Saterdagaand laat spaander en ’n kragopwekker agtergelaat toe hulle patrollielede in Mineralia opgemerk het.
Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum/Gemeenskap in Blou het diewe só groot laat skrik, dat hulle hul buit, ’n kragopwekker, op ’n sypaadjie agtergelaat het.
Juanitha Groenewald (voorsitter, GPF/Gemeenskap in Blou) sê hulle het Saterdagaand patrollie gery in Mineralia toe hulle ’n kragopwekker opmerk op die hoek van Verdoorn- en Hoogstraat.
“Ons het nie die diewe gesien nie, maar hulle het ons waarskynlik gesien en weggehardloop. Hulle het die kragopwekker op die sypaadjie gelos.”
• Juanitha sê die kragopwekker is polisiestasie toe gevat en kan die eienaar daarvan dit daar gaan opeis.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
